ja_mageia

Call our order hotline

041 366 1917

Telephone01

Click here for a quotation

Home Home News Vragmotor stort oor krans by Sardiniëbaai - 9 July 2009
Vragmotor stort oor krans by Sardiniëbaai - 9 July 2009
25/08/2008 11:32:55 PM - (SA)
Port Elizabeth. – ’n Vragmotorbestuurder het hier wonderbaarlik aan die dood ontkom toe hy deur ’n heining geploeg en sy vragmotor oor ’n krans gestort het.
Mnr. Eldrid van Huyssteen sê hy kan nie onthou wat gebeur het nie. “Dis net deur God se genade dat ek die ongeluk oorleef het.” Mnr. Desmond Eales, eienaar van Glendore Sand and Stone, het gesê Van Huyssteen was onderweg na ’n klipgroef naby Schoenmakerskop om sand af te lewer toe die voorval omstreeks 10:30 op die Sardiniëbaai-pad plaasgevind het. Van Huyssteen werk as ’n subkontrakteur vir Eales. Eales, wat kort ná die ongeluk op die toneel was, het gesê Van Huyssteen het met net ’n paar skrape op die gras langs die pad beland. Die vragmotor is deur twee polisiebeamptes wat die gebied gepatrolleer het, opgemerk.“As hy nie uit die vragmotor gespring het nie, sou hy dood gewees het,” het Eales gesê. Van Huyssteen se Warrior-vragmotor van ses ton het opgefrommel tussen die rotse in die see gelê. Die sleepmerke van die bande was duidelik op die gras sigbaar. Ses werkers van die Car Towing Services-insleepdiens het sowat drie uur lank gesukkel om die vragmotor uit die rotse te kry.
seetrok_nuus_ok05--297x250
Werkers van die Car Towing Services-insleepdiens besig om ’n vragmotor uit die rotse te lig by Sardiniëbaai nadat die bestuurder gister glo beheer daaroor verloor het.    Foto: CHARLES PULLEN